GENESIS 24:26-27 - Compare All Versions
GENESIS 24:26-27 AFR83 (Afrikaans 1983)
Toe het die man gekniel en tot die Here gebid: “Aan die Here die God van Abraham wie se slaaf ek is, kom die lof toe! Die Here het nie sy troue liefde van my eienaar weerhou nie en vir my het die Here reguit gelei na die huis van my eienaar se broer toe.”
GENESIS 24:26-27 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Toe buig die man hom neer en aanbid die HERE met die woorde: Geloofd sy die HERE, die God van Abraham, my heer, wat sy goedertierenheid en sy trou aan my heer nie onttrek het nie. Wat my aangaan, die HERE het my op die weg gelei na die huis van die broers van my heer.
GENESIS 24:26-27 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Toe buig die man neer en aanbid die HERE. “Aan die HERE, die God van my meester Abraham, kom toe die lof,” sê hy. “Die HERE was goed vir my en getrou aan Abraham, want Hy het my reguit na my meester se bloedverwante toe gelei.”
GENESIS 24:26-27 DB (Die Boodskap)
Toe kon Abraham se werker dit nie meer hou nie. Hy het net daar op sy knieë geval en die Here geloof. “Loof die Here, die God van my eienaar Abraham, want Hy is getrou. Prys Hom, want Hy het gedoen wat Hy belowe het. Maak sy Naam groot, want Hy het my sommer reguit na meneer Abraham se mense toe gelei.”
GENESIS 24:26-27 ABA (Bybel vir almal)
Die slaaf het gekniel en voor die Here gebuig en gesê: “Ek prys U, Here, God van my eienaar Abraham. U was goed vir my eienaar en U het gedoen wat U belowe het. U het my gelei na my eienaar se broer toe.”
GENESIS 24:26-27 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die man het gekniel, voor die HERE in aanbidding gebuig en gesê: “Die HERE, die God van my heer Abraham, moet geprys word, Hy wat sy liefde en trou nie van my heer weerhou het nie. Wat my betref: Die HERE het my gelei op die pad na die huisgesin van my heer se broer. ”
GENESIS 24:26-27 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die man het sy hoof neergebuig en die HERE aanbid. Toe sê hy: Geloofd sy die HERE, die God van my heer Abraham, wat my heer nie verootmoedig het van sy goedertierenheid en sy trou nie