GALASIËRS 6:3-5
GALASIËRS 6:3-5 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer iemand dink dat hy belangrik is, maar hy is nie belangrik nie, dan dink hy dat hy iets is wat hy nie is nie. Elkeen van julle moet kyk wat hy self doen. As dit goed is, dan kan hy trots voel op dit wat hy self doen, en nie oor die dinge wat iemand anders doen nie. Want elkeen sal self vir God moet verduidelik hoekom hy dinge gedoen het.
GALASIËRS 6:3-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want as iemand meen dat hy iets is, terwyl hy niks is nie, mislei hy homself. Maar laat elkeen sy eie werk op die proef stel; en dan sal hy grond vir roem hê alleen wat homself betref en nie wat die ander betref nie. Want elkeen sal sy eie pak dra.
GALASIËRS 6:3-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
As iemand hom verbeel hy is iets en hy is niks, bedrieg hy homself. Laat elkeen sy eie doen en late ondersoek: as dit goed is, kan hy daarop trots wees sonder om dit met dié van 'n ander te vergelyk. Elkeen sal rekenskap moet gee oor wat hy gedoen het.
GALASIËRS 6:3-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As iemand werklik meen dat hy iets is, terwyl hy niks is nie, bedrieg hy homself. Elkeen moet sy eie dade beoordeel. Dan sal hy trots kan wees slegs wat homself betref, en nie wat 'n ander persoon betref nie; want elkeen moet sy eie las dra.
GALASIËRS 6:3-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want as iemand dink ulled iets is, terwyl hy niks is nie, bedrieg hy ulled. Maar laat elkeen sy eie werk op die proef stel, en dan sal hy in ulled alleen bly wees en nie in 'n ander nie. Want elkeen sal sy eie las dra.
GALASIËRS 6:3-5 Die Boodskap (DB)
As julle dink dat julle te belangrik is om vir ander mense om te gee, begryp julle net mooi niks van die evangelie nie. Gaan kyk ’n slag goed na julle eie lewe. Wees tevrede met die goeie dinge wat God in julle lewe tot stand gebring het sonder om julle gedurig met ander gelowiges te vergelyk. Op die ou end sal julle slegs oor julle eie lewe aan God moet rekenskap gee.
GALASIËRS 6:3-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Julle weet dat mense wat baie van hulleself dink, terwyl hulle niks is nie, hulleself bedrieg. Daarom moet julle almal eerder julle eie gedrag toets. Dan kan julle op julleself trots wees, sonder om julle met iemand anders te vergelyk. Ons weet tog: Almal sal oor hulleself verantwoording moet doen.