Galasiërs Galasiërs 6

Galasiërs 6
Die laaste vermaning en groete
1Broeders, as iemand deur 'n fout oorval word, herstel julle wat geestelik is, so iemand in die gees van sagmoedigheid; let op jouself, sodat jy ook nie versoek word nie.
2Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.
3Want as iemand dink ulled iets is, terwyl hy niks is nie, bedrieg hy ulled.
4Maar laat elkeen sy eie werk op die proef stel, en dan sal hy in ulled alleen bly wees en nie in 'n ander nie.
5Want elkeen sal sy eie las dra.
6Laat hom wat in die woord geleer word, aan hom meedeel wat in alle goeie dinge leer.
7Moenie dwaal nie; God word nie bespot nie; want alles wat 'n mens saai, dit sal ulled maai.
8Want hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.
9En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.
10Terwyl ons dan geleentheid het, laat ons goed ulled w alle mense, veral aan die huisgenote van die geloof.
11Kyk hoe groot brief ek met my eie hand aan julle geskryf het.
12Almal wat 'n mooi vertoon in die vlees wil maak, ulled wing julle om besny te word; net dat hulle nie vervolg word vir die kruis van Christus nie.
13Want ook hulle wat besny is, onderhou die wet nie; maar begeer dat julle julle laat besny, sodat hulle in julle vlees kan roem.
14Maar God verhoed dat ek sou roem, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld.
15Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid iets baat, maar 'n nuwe skepsel.
16En almal wat volgens hierdie reël wandel, vrede oor hulle en barmhartigheid en oor die Israel van God.
17Laat niemand my van nou af pla nie, want ek dra die tekens van die Here Jesus in my liggaam.
18Broeders, die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle gees. Amen. (Aan die Galasiërs geskryf uit Rome.)

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid