GALASIËRS 6:13
GALASIËRS 6:13 Bybel vir almal (ABA)
Hulle is besny, maar hulle doen self nie wat die wette sê nie. Hulle wil julle laat besny, sodat hulle kan spog oor wat hulle met julle gedoen het.
GALASIËRS 6:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want ook hulle wat besny word, hou self nie die wet nie; maar hulle wil hê dat julle besny moet word, sodat hulle in julle vlees kan roem.
GALASIËRS 6:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Al het hulle hulle laat besny, onderhou hulle self nie die wet van Moses nie, maar hulle wil net hê dat julle julle moet laat besny sodat hulle kan roem oor wat met julle liggaam gebeur het.
GALASIËRS 6:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want diegene wat hulle laat besny, onderhou self nie die wet nie, maar hulle wil hê dat julle besny word, sodat hulle hulle op julle liggame kan beroem.
GALASIËRS 6:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want ook hulle wat besny is, onderhou die wet nie; maar begeer dat julle julle laat besny, sodat hulle in julle vlees kan roem.
GALASIËRS 6:13 Die Boodskap (DB)
Gaan kyk mooi, daardie mense wat sulke groot voorstanders van die besnydenis is, verroer self nie ’n vinger om te doen wat die wet sê nie. Hulle wil net hê dat julle ook besny moet word sodat hulle oor julle kan spog. Hulle wil graag sê dat hulle daarin geslaag het om julle na hulle kant toe oor te haal.