GALASIËRS 6:1-5
GALASIËRS 6:1-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
BROEDERS, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie. Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus. Want as iemand meen dat hy iets is, terwyl hy niks is nie, mislei hy homself. Maar laat elkeen sy eie werk op die proef stel; en dan sal hy grond vir roem hê alleen wat homself betref en nie wat die ander betref nie. Want elkeen sal sy eie pak dra.
GALASIËRS 6:1-5 Bybel vir almal (ABA)
Vriende, die Heilige Gees regeer julle lewens. Daarom, wanneer julle sien iemand doen sonde, dan moet julle mooi met hom praat en hom help om reg te lewe. Maar pasop dat julle nie dieselfde sonde doen nie. Julle moet mekaar help wanneer julle swaarkry, want dan doen julle wat Christus wil hê. Wanneer iemand dink dat hy belangrik is, maar hy is nie belangrik nie, dan dink hy dat hy iets is wat hy nie is nie. Elkeen van julle moet kyk wat hy self doen. As dit goed is, dan kan hy trots voel op dit wat hy self doen, en nie oor die dinge wat iemand anders doen nie. Want elkeen sal self vir God moet verduidelik hoekom hy dinge gedoen het.
GALASIËRS 6:1-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
BROEDERS, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie. Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus. Want as iemand meen dat hy iets is, terwyl hy niks is nie, mislei hy homself. Maar laat elkeen sy eie werk op die proef stel; en dan sal hy grond vir roem hê alleen wat homself betref en nie wat die ander betref nie. Want elkeen sal sy eie pak dra.
GALASIËRS 6:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Broers, as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in 'n gees van sagmoedigheid reghelp. En pas op: jy kan self ook in versoeking kom. Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. As iemand hom verbeel hy is iets en hy is niks, bedrieg hy homself. Laat elkeen sy eie doen en late ondersoek: as dit goed is, kan hy daarop trots wees sonder om dit met dié van 'n ander te vergelyk. Elkeen sal rekenskap moet gee oor wat hy gedoen het.
GALASIËRS 6:1-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Broers, as iemand deur een of ander sonde oorval word, moet julle wat met die Gees vervul is, so iemand in 'n gees van sagmoedigheid reghelp; maar let op jouself, dat ook jy nie versoek word nie. Dra mekaar se laste, en vervul so die wet van •Christus. As iemand werklik meen dat hy iets is, terwyl hy niks is nie, bedrieg hy homself. Elkeen moet sy eie dade beoordeel. Dan sal hy trots kan wees slegs wat homself betref, en nie wat 'n ander persoon betref nie; want elkeen moet sy eie las dra.
GALASIËRS 6:1-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Broeders, as iemand deur 'n fout oorval word, herstel julle wat geestelik is, so iemand in die gees van sagmoedigheid; let op jouself, sodat jy ook nie versoek word nie. Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus. Want as iemand dink ulled iets is, terwyl hy niks is nie, bedrieg hy ulled. Maar laat elkeen sy eie werk op die proef stel, en dan sal hy in ulled alleen bly wees en nie in 'n ander nie. Want elkeen sal sy eie las dra.
GALASIËRS 6:1-5 Die Boodskap (DB)
My broers en susters, as ander gelowiges aan die een of ander sonde toegee, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, hulle dadelik reghelp. Bring hulle terug op die regte pad sonder om hulle te veroordeel. Tree vol deernis op. Maar pas op sodat julle self nie voor die sonde swig nie. Sien raak wanneer ander gelowiges swaarkry en help hulle. Tel hulle probleme op julle skouers en dra dit vir hulle. So doen julle presies wat Christus van julle verwag. Dit is immers sy wet dat julle mekaar moet liefhê. As julle dink dat julle te belangrik is om vir ander mense om te gee, begryp julle net mooi niks van die evangelie nie. Gaan kyk ’n slag goed na julle eie lewe. Wees tevrede met die goeie dinge wat God in julle lewe tot stand gebring het sonder om julle gedurig met ander gelowiges te vergelyk. Op die ou end sal julle slegs oor julle eie lewe aan God moet rekenskap gee.
GALASIËRS 6:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Broers en susters, wanneer iemand in die een of ander sonde verval, moet julle wat deur die Gees gelei word, daardie persoon nederig reghelp. Wees baie versigtig dat jy nie ook versoek word nie. Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet. Julle weet dat mense wat baie van hulleself dink, terwyl hulle niks is nie, hulleself bedrieg. Daarom moet julle almal eerder julle eie gedrag toets. Dan kan julle op julleself trots wees, sonder om julle met iemand anders te vergelyk. Ons weet tog: Almal sal oor hulleself verantwoording moet doen.