GALASIËRS 5:5-6
GALASIËRS 5:5-6 Bybel vir almal (ABA)
Maar ons hoop en ons weet God sal ons vryspreek omdat ons die Heilige Gees het en in Christus glo. As ons aan Christus Jesus behoort, dan maak dit nie saak of ons besny is of nie besny is nie. Wat is belangrik? Dit is belangrik dat ons moet glo en dat ons lief moet wees vir God en vir ander mense.
GALASIËRS 5:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want óns verwag deur die Gees uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop. Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk.
GALASIËRS 5:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wat ons betref, deur die werking van die Gees is dit ons hoop en verwagting dat ons deur te glo, vrygespreek sal word. In Christus Jesus is dit nie van belang of jy besny is of nie. Al wat van belang is, is geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan.
GALASIËRS 5:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want dit is deur die Gees, op grond van die geloof, dat ons die vryspraak verwag waarop ons hoop. Want in Christus Jesus is besnedenheid of onbesnedenheid van geen belang nie, maar wel geloof wat deur liefde werksaam is.
GALASIËRS 5:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want ons wag deur die Gees op die hoop op geregtigheid deur die geloof. Want in Jesus Christus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid iets baat; maar geloof wat deur liefde werk.
GALASIËRS 5:5-6 Die Boodskap (DB)
Aan die ander kant, ons wat glo, het ’n wonderlike vooruitsig. Omdat die Gees by ons is, weet ons dat ons op pad is na God se nuwe wêreld. Hy sal sorg dat ons saak met God reg is wanneer ons eendag voor Hom moet gaan staan. As ons in Christus glo, maak dit glad nie saak of ons die teken van die besnydenis aan ons liggaam dra of nie, want dit tel glad nie meer by God nie. Dit is uit die mode; ou nuus. Al wat nou saak maak, is geloof, daardie soort geloof wat maak dat ons ander mense met alles in ons liefhet.
GALASIËRS 5:5-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wat ons betref, die Gees laat ons uitsien na dit waarop ons hoop: vryspraak deurdat ons glo. Vir mense wat met Christus verenig is, is dit nie belangrik of jy besny is of nie besny is nie. Wat egter wel belangrik is, is geloof wat deur liefde dade word.