YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

GALASIËRS 3:2

GALASIËRS 3:2 Bybel vir almal (ABA)

Daar is een baie belangrike ding wat julle moet onthou: God het vir julle die Heilige Gees gegee. Hoekom? Nie omdat julle doen wat die wette sê nie, maar omdat julle die goeie boodskap gehoor en geglo het.

Deel
Lees GALASIËRS 3

GALASIËRS 3:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?

Deel
Lees GALASIËRS 3

GALASIËRS 3:2 Afrikaans 1983 (AFR83)

Net een ding wil ek van julle weet: Het julle die Heilige Gees ontvang deur die wet van Moses te onderhou of deur die evangelie te glo?

Deel
Lees GALASIËRS 3

GALASIËRS 3:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Net dit wil ek van julle weet: Het julle die Gees ontvang op grond van die uitvoering van die wet, of op grond van julle geloof in wat julle gehoor het?

Deel
Lees GALASIËRS 3

GALASIËRS 3:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Net dit wil ek van julle leer: Het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die gehoor van die geloof?

Deel
Lees GALASIËRS 3

GALASIËRS 3:2 Die Boodskap (DB)

Sê my, hoe het julle deel gekry in die krag van die Heilige Gees? Was dit deur te doen wat die wet sê? Of deur die goeie nuus te glo? Ja, natuurlik: deur te glo!

Deel
Lees GALASIËRS 3

GALASIËRS 3:2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Ek wil net dit vir julle vra: Het julle die Gees ontvang deur die wet te onderhou of deur te glo wat julle gehoor het?

Deel
Lees GALASIËRS 3
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's