GALASIËRS 3:17 - Compare All Versions
GALASIËRS 3:17 ABA (Bybel vir almal)
God het eers sy verbond gemaak met sy volk en 430 jaar later het Hy die wette gegee. Nou sê ek: Die wette het baie later gekom, daarom kan die wette nie God se verbond verander en God se belofte breek nie.
GALASIËRS 3:17 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maar ek sê dít: die wet wat vierhonderd-en-dertig jaar later gekom het, maak die verbond wat deur God in Christus vantevore bekragtig is, nie kragteloos om die belofte tot niet te maak nie.
GALASIËRS 3:17 AFR83 (Afrikaans 1983)
Hiermee wil ek dít sê: God het 'n verbond met Abraham gesluit en dit tóé al geldig gemaak. Die wet, wat eers vier honderd en dertig jaar later gekom het, kan nie hierdie verbond ongeldig maak, sodat God se belofte aan Abraham nie meer sou geld nie.
GALASIËRS 3:17 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit is wat ek bedoel: Die wet wat vierhonderd-en-dertig jaar later gekom het, maak nie die verbond wat vroeër deur God bekragtig is, kragteloos, en daardeur die belofte tot niet nie.
GALASIËRS 3:17 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En dit sê ek, dat die verbond, wat vooraf deur God in Christus bevestig is, die wet, wat vier honderd en dertig jaar daarna was, nie kan ontbind nie, dat dit die belofte tot niet sou maak.
GALASIËRS 3:17 DB (Die Boodskap)
Wat ek probeer sê, is dit: God het ’n wettige ooreenkoms met Abraham gemaak. Niemand kan dit nou ongeldig verklaar nie, ook nie die wet van Moses nie. Toe die wet sowat 430 jaar later gekom het, het dit nie hierdie ooreenkoms gekanselleer nie.
GALASIËRS 3:17 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Ek sê dus: Die verbond wat God met Abraham gesluit het, kan nie deur die wet, wat 430 jaar later gekom het, ongeldig gemaak en daarmee ook die belofte ongedaan gemaak word nie.