ESEGIËL 36:25
ESEGIËL 36:25 Die Boodskap (DB)
Daardie dag sal Ek julle skoonmaak. Dan sal julle regtig skoon wees, vir die eerste keer. Ek sal al die slegte dade van julle afwas, en julle sal nie meer voor die afgode buig en offers aan hulle bring nie.
ESEGIËL 36:25 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal water op julle spat, die water sal julle rein maak. Ek sal alles wegneem wat julle onrein maak en ook al julle afgode.
ESEGIËL 36:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig.
ESEGIËL 36:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal reinigingswater oor julle uitgooi sodat julle rein kan word. Ek sal julle reinig van al julle onreinheid en van al julle afgodery.
ESEGIËL 36:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek sal rein water oor julle sprinkel, en julle sal rein wees. Van al julle onreinhede en van al julle afgodsbeelde sal Ek julle reinig.