ESEGIËL 29:12
ESEGIËL 29:12 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal Egipte 'n land laat word waar niemand kan woon nie, 'n land tussen ander lande waar ook niemand woon nie. Ek sal die stede van Egipte plekke maak waar niemand kan woon nie, sy stede sal wees tussen ander stede wat hope klippe geword het. Daar sal 40 jaar lank niemand in Egipte woon nie, Ek sal die Egiptenaars na al die kante toe jaag tussen die ander volke in en Ek sal hulle in ander lande laat woon.”
ESEGIËL 29:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Ek sal Egipteland 'n wildernis maak tussen verwoeste lande in, en sy stede sal 'n wildernis wees tussen verwoeste stede in, veertig jaar lank; en Ek sal die Egiptenaars verstrooi onder die nasies en hulle versprei in die lande.
ESEGIËL 29:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek gaan Egipte 'n verlate land tussen verlate lande maak, en sy stede sal veertig jaar lank verlate lê tussen stede wat in puin lê. Ek gaan die Egiptenaars uitmekaarjaag onder ander nasies in, hulle oor ander lande verstrooi.
ESEGIËL 29:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek maak Egipteland 'n woesteny tussen lande wat verlate lê. Sy dorpe sal 'n woesteny wees tussen stede wat tot puin verwoes is, veertig jaar lank. Ek sal die Egiptenare versprei onder die nasies en hulle verstrooi in die lande.
ESEGIËL 29:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Ek sal Egipteland 'n wildernis maak tussen die lande wat verwoes is, en sy stede tussen die stede wat verwoes is, sal veertig jaar lank 'n wildernis wees; en Ek sal die Egiptenaars onder die nasies verstrooi en hulle verstrooi deur die lande.
ESEGIËL 29:12 Die Boodskap (DB)
Ek maak van Egipte ’n woestyn waarin niks groei en niemand bly nie. En Ek omring Egipte met lande wat net so ’n woestyn sonder inwoners geword het. Die stede van Egipte sal vir ’n lang tyd sonder inwoners wees. En die lande rondom Egipte sal ook sonder inwoners wees. Ek verstrooi die mense van Egipte. Hulle sal as gevangenes na vreemde lande weggevoer word.