ESEGIËL 28:5
ESEGIËL 28:5 Bybel vir almal (ABA)
Jy het jou groot wysheid gebruik om goed te koop en te verkoop en jy het nóg ryker geword. Maar toe het jy hoogmoedig geword omdat jy ryk is.”
ESEGIËL 28:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
deur die grootheid van jou wysheid in jou koophandel het jy jou rykdom vermeerder, en jou hart het hoogmoedig geword deur jou rykdom
ESEGIËL 28:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jy het met jou groot wysheid en met handel jou rykdom nog meer gemaak, maar dit was juis jou rykdom wat jou hooghartig gemaak het.
ESEGIËL 28:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Deur jou buitengewone handelsvernuf het jy jou vermoë vergroot. Maar jou hart het hoogmoedig geraak oor jou rykdom.
ESEGIËL 28:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Deur jou groot wysheid en deur jou handeldryf het jy jou rykdom vermeerder, en jou hart is verhef vanweë jou rykdom.