ESEGIËL 28:12
ESEGIËL 28:12 Bybel vir almal (ABA)
“Mens, jy moet 'n klaaglied begin sing oor die koning van die stad Tirus. Jy moet vir hom sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Jy was op 'n baie mooi seël, jy was vol wysheid en jy was so mooi soos die mooiste mens.
ESEGIËL 28:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Mensekind, hef 'n klaaglied aan oor die koning van Tirus, en sê vir hom: So spreek die Here HERE: Jy was die seëlring van eweredigheid, vol wysheid en volmaak in skoonheid.
ESEGIËL 28:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Mens, sing 'n treurlied oor die koning van Tirus. Sê vir hom: So sê die Here my God: “Jy was 'n seël wat met sorg vervaardig is, 'n pragtige produk van volmaakte vakmanskap
ESEGIËL 28:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Mensekind, hef 'n treurlied aan oor die koning van Tirus en sê vir hom, ‘So sê my Heer, die HERE: “Jy was die toonbeeld van voortreflikheid, vol wysheid, volmaak in skoonheid.
ESEGIËL 28:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Mensekind, hef 'n klaaglied aan oor die koning van Tirus en sê vir hom: So spreek die HERE HERE; U verseël die som vol wysheid en volmaak in skoonheid.