EKSODUS 9:31-32
EKSODUS 9:31-32 Bybel vir almal (ABA)
Daar was nie meer vlas en gars oor ná die hael nie. Die gars was amper ryp, en die vlas het al klaar knoppe gemaak. Maar daar was nog koring en spelt, want dit word later ryp.
EKSODUS 9:31-32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die vlas en die gars was weggeslaan, want die gars was in die aar en die vlas in die knop. Maar die koring en die spelt was nie weggeslaan nie, want hulle is later.
EKSODUS 9:31-32 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die vlas- en die garsoes is vernietig omdat die gars in die aar en die vlas in die knop was, maar die koring en die sorghum is nie vernietig nie omdat dit later ryp word.
EKSODUS 9:31-32 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die vlas en die gars was weggeslaan, omdat die gars reeds in die aar was, en die vlas in die knopstadium. Maar die koring en die spelt was nie weggeslaan nie, omdat dit eers later opkom.
EKSODUS 9:31-32 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die vlas en die gars is geslaan, want die gars was in die aar, en die vlas was bol. Maar die koring en die rie is nie geslaan nie, want hulle was nie groot nie.