EKSODUS 34:21 - Compare All Versions

EKSODUS 34:21 AFR83 (Afrikaans 1983)

“Ses dae moet jy werk, maar op die sewende dag moet jy rus. Of dit nou ploegtyd of oestyd is, jy moet rus.

EKSODUS 34:21 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Ses dae moet jy arbei, maar op die sewende dag moet jy rus. In die ploegtyd en in die oestyd moet jy rus.

EKSODUS 34:21 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Ses dae lank moet jy besig wees met jou werk. Op die sewende dag moet jy ophou, selfs al is dit planttyd of oestyd.

EKSODUS 34:21 DB (Die Boodskap)

“Hou ses dae lank aan met jou werk. Op die sewende dag moet jy daarmee ophou. Op daardie dag moet jy rus. Dit maak nie saak of dit ploegtyd of oestyd is nie.

EKSODUS 34:21 ABA (Bybel vir almal)

“Julle moet ses dae lank werk, maar op die sewende dag moet julle rus. Julle moet op hierdie dag rus, ook wanneer dit tyd is om te ploeg of te oes.

EKSODUS 34:21 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Ses dae moet jy werk, maar op die sewende dag moet jy rus; selfs in die ploegtyd en oestyd moet jy rus.

EKSODUS 34:21 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Ses dae moet jy werk, maar op die sewende dag moet jy rus; in die insnytyd en in die oes moet jy rus.