EKSODUS 19:13
EKSODUS 19:13 Bybel vir almal (ABA)
Die ander mense mag nie met hulle hande raak aan iemand wat dit gedoen het nie. Hulle moet hom met klippe doodgooi of met 'n pyl en boog doodskiet. Julle moet dieselfde doen met 'n dier wat aan die berg raak, hy mag ook nie lewe nie. Maar wanneer die mense hoor dat iemand die ramshoring blaas, dan mag hulle opgaan teen die berg.”
EKSODUS 19:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Geen hand mag hom aanraak nie; maar hy moet sekerlik gestenig of sekerlik met 'n pyl geskiet word; of dit 'n dier of 'n mens is — hy mag nie lewe nie. As die ramshoring lang geluide blaas, mag hulle op die berg klim.
EKSODUS 19:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Julle mag so iemand nie met die hand aanraak nie; hy moet beslis met klippe doodgegooi of met 'n pyl doodgeskiet word. Dit maak nie saak of dit 'n mens of 'n dier is nie; hy mag nie bly lewe nie. Eers wanneer die ramshoring blaas, mag hulle die berg uitklim.”
EKSODUS 19:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Geen hand mag aan so iemand raak nie, maar hy moet beslis gestenig of met pyle geskiet word. Of dit nou 'n dier of 'n mens is, hy mag nie bly leef nie. Wanneer daar lank op die •ramshoring geblaas word, mag hulle teen die berg opklim.’ ”
EKSODUS 19:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daar mag geen hand daaraan raak nie, maar hy sal sekerlik gestenig of deurgeskiet word; of dit dier of mens is, dit sal nie lewe nie; as die basuin lank blaas, klim hulle op die berg.
EKSODUS 19:13 Die Boodskap (DB)
Enigeen wat by die berg kom, of dit nou ’n dier of ’n mens is, kan nie langer bly lewe nie. Die oortreder moenie eens in hegtenis geneem word nie, maar sommer net daar met klippe doodgegooi word of met pyl en boog doodgeskiet word. Eers wanneer daar ’n trompet blaas, mag hulle uit die kamp uit na die berg toe kom.”
EKSODUS 19:13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Niemand mag naby kom nie. As iemand dit doen, moet hy sonder meer met klippe doodgegooi word of met ’n pyl doodgeskiet word. Of dit nou ’n dier of ’n mens is, hy mag nie langer bly lewe nie.’ Wanneer die volk ’n trompet hoor blaas, moet hulle teen die berg begin opklim.”