EKSODUS 15:20
EKSODUS 15:20 Bybel vir almal (ABA)
Moses se suster, Mirjam, was 'n profeet. Sy het 'n tamboeryn in haar hand geneem. Al die vroue het ook tamboeryne geneem en hulle het haar gevolg. Hulle het gedans.
EKSODUS 15:20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Mirjam was ’n vroulike profeet. Sy was Aäron se suster. Sy het ’n tamboeryn gevat en al die vroue het agter haar aan gedans terwyl hulle op tamboeryne slaan.
EKSODUS 15:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Mirjam, die profetes, die suster van Aäron, het 'n tamboeryn in haar hand geneem; en al die vroue het uitgegaan agter haar aan, met tamboeryne en in koordanse.
EKSODUS 15:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Mirjam die profetes, suster van Aäron, het 'n tamboeryn gevat en al die vroue het met tamboeryne agternageloop en gedans.
EKSODUS 15:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het Mirjam, die profetes, die suster van Aäron, 'n tamboeryn in haar hand geneem, en al die vroue het agter haar aan uitgegaan met tamboeryne en in 'n kring gedans.