EKSODUS 12:35-36
EKSODUS 12:35-36 Bybel vir almal (ABA)
Die Israeliete het gedoen wat Moses gesê het. Hulle het silwergoed en goue goed en klere vir die Egiptenaars gevra. Die Here het die Egiptenaars vriendelik gemaak met die Israeliete. Die Egiptenaars het alles gegee wat die Israeliete gevra het. So het die Israeliete die Egiptenaars se goed weggedra.
EKSODUS 12:35-36 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die kinders van Israel het gehandel volgens die woord van Moses: hulle het van die Egiptenaars silwergoed en goue goed en klere geëis; en die HERE het aan die volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars, en dié het hulle versoek ingewillig. So het hulle dan die Egiptenaars berowe.
EKSODUS 12:35-36 Afrikaans 1983 (AFR83)
Verder het die Israeliete die opdrag van Moses uitgevoer, naamlik om van die Egiptenaars silwer- en goue goed sowel as klere te eis. Die Here het gesorg dat die Egiptenaars aan sy volk goed doen, sodat hulle uit Egipte as buit kon wegdra wát hulle ook al geëis het.
EKSODUS 12:35-36 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die Israeliete het gemaak soos Moses gesê het, en hulle het van die Egiptenare silwer- en goue voorwerpe en klere geëis. Dit was die HERE wat gesorg het dat die Egiptenare die volk goedgesind is, en die Egiptenare het aan hulle eise toegegee. So het hulle buit geneem van die Egiptenare.
EKSODUS 12:35-36 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die kinders van Israel het gedoen volgens die woord van Moses; en hulle het van die Egiptenaars silwergoed en goue juwele en klere geleen. En die HERE het die volk guns gegee in die oë van die Egiptenaars, sodat hulle aan hulle geleen het wat hulle gevra het. En hulle het die Egiptenaars geplunder.
EKSODUS 12:35-36 Die Boodskap (DB)
Die Israeliete het gemaak soos Moses vir hulle gesê het. Hulle het die Egiptenaars gedwing om vir hulle silwer en goue juweliersware en klere te gee. Die Here het gemaak dat die Egiptenaars gewillig was om dit vir hulle te gee. Hulle het nie omgegee om vir die Israeliete alles te gee wat die volk van hulle gevra het nie. Die Israeliete het die Egiptenaars behoorlik kaal uitgetrek.
EKSODUS 12:35-36 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die Israeliete het gemaak soos Moses vir hulle gesê het. Hulle het die Egiptenaars gedwing om vir hulle goue en silwerjuweliersware en klere te gee. Die HERE het die Egiptenaars gewillig gemaak om vir die Israeliete alles te gee wat hulle van hulle geëis het. Israel het Egipte behoorlik geplunder.