EKSODUS 12:18
EKSODUS 12:18 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet die fees in die eerste maand vier. Julle moet ongesuurde brood eet van die aand van die 14de dag tot die aand van die 21ste dag.
EKSODUS 12:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, in die aand, moet julle ongesuurde brode eet, tot op die een-en-twintigste dag van die maand, in die aand.
EKSODUS 12:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
In die eerste maand moet julle van die aand van die veertiende af ongesuurde brood eet tot op die aand van die een en twintigste van die maand.
EKSODUS 12:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, in die aand, moet julle ongesuurde brood eet, tot op die een-en-twintigste dag van die maand, in die aand.
EKSODUS 12:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand in die aand, moet julle ongesuurde brode eet tot die een en twintigste dag van die maand in die aand.