DEUTERONOMIUM 4:6
DEUTERONOMIUM 4:6 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet aanhou om te doen wat hierdie wette sê, want dit sal vir al die volke wys dat julle wysheid het en verstandig is. Wanneer hulle hoor van al hierdie wette, dan sal hulle sê: ‘Regtig, hierdie groot volk is 'n wyse en verstandige volk.’
DEUTERONOMIUM 4:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Onderhou dit dan en doen dit; want dit is julle wysheid en julle verstand voor die oë van die volke wat al hierdie insettinge sal hoor en sê: Waarlik, hierdie groot nasie is 'n wyse en verstandige volk.
DEUTERONOMIUM 4:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Gehoorsaam die voorskrifte en lewe daarvolgens, want daaraan sal die ander volke sien dat julle wysheid en insig het. Hulle sal van al hierdie voorskrifte hoor en sê: ‘Net hierdie groot nasie het wysheid en insig.’
DEUTERONOMIUM 4:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kom dit na en voer dit uit, want daaruit sal dit vir die nasies duidelik wees dat julle wysheid en insig het. Wanneer hulle al hierdie vaste voorskrifte hoor, sal hulle sê, ‘Wat 'n wyse en verstandige volk is hierdie groot nasie nie!’
DEUTERONOMIUM 4:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Bewaar en doen dit dan; want dit is jou wysheid en jou insig voor die oë van die nasies wat al hierdie insettinge sal hoor en sê: Waarlik, hierdie groot nasie is 'n wyse en verstandige volk.
DEUTERONOMIUM 4:6 Die Boodskap (DB)
As julle die wil van die Here gehoorsaam, sal die ander volke julle bewonder. As hulle al hierdie wette hoor, sal hulle sê: ‘Hierdie groot nasie is ’n baie slim en verstandige volk.’