DEUTERONOMIUM 4:35
DEUTERONOMIUM 4:35 Bybel vir almal (ABA)
Hy het julle dit laat sien sodat julle dít sal weet: Hy, die Here, is God, en daar is nie nog 'n God nie.
DEUTERONOMIUM 4:35 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jy self het dit te sien gekry, dat jy kan weet dat die HERE God is; daar is geen ander buiten Hom nie.
DEUTERONOMIUM 4:35 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is vir julle gewys dat julle kan besef die Here is God, en dat daar naas Hom nie 'n ander is nie.
DEUTERONOMIUM 4:35 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle was self ooggetuies daarvan, sodat julle kan besef: die HERE, Hy is God. Naas Hom is daar geen ander nie.
DEUTERONOMIUM 4:35 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dit is aan jou bekend gemaak, sodat jy kan weet dat die HERE God is; daar is niemand anders behalwe hom nie.