DEUTERONOMIUM 4:29-31
DEUTERONOMIUM 4:29-31 Bybel vir almal (ABA)
Julle sal daar soek na julle God die Here, en julle sal Hom kry as julle Hom soek met julle hele hart. Wanneer al hierdie dinge later met julle gebeur en dit gaan sleg met julle, dan sal julle terugkom na julle God die Here en julle sal doen wat Hy sê. Want julle God die Here is 'n God wat goed is vir mense wat swaarkry, Hy sal julle nie los nie, Hy sal julle nie heeltemal laat verdwyn nie. Hy sal nie die verbond vergeet wat Hy met julle voorvaders gemaak het nie.
DEUTERONOMIUM 4:29-31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dan sal julle daarvandaan die HERE jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek. As jy in die nood is en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na die HERE jou God terugkeer en na sy stem luister. Want die HERE jou God is 'n barmhartige God; Hy sal jou nie verlaat en jou nie in die verderf stort nie; en Hy sal die verbond van jou vaders wat Hy hulle besweer het, nie vergeet nie.
DEUTERONOMIUM 4:29-31 Afrikaans 1983 (AFR83)
As julle die Here julle God dáár aanroep, sal Hy julle gebed verhoor as julle Hom nader in onverdeelde trou. “Wanneer julle in nood verkeer deurdat hierdie dinge in die toekoms oor julle kom, moet julle terugkom na die Here julle God, en sy woord gehoorsaam. Die Here julle God is 'n genadige God. Hy sal julle nie in die steek laat of om die lewe bring nie. Hy sal nie die verbond vergeet wat Hy met 'n eed aan julle voorvaders bevestig het nie.
DEUTERONOMIUM 4:29-31 Die Boodskap (DB)
“Dan sal julle weer na die Here begin verlang. En as julle Hom met alles in julle soek, sal julle Hom vind. As al hierdie verskriklike dinge met julle gebeur en dit met julle sleg gaan, maar julle draai terug na die Here toe, móét julle opnuut na Hom luister. Onthou, die Here is ’n God wat oorloop van goedheid. Hy sal julle nie sommer los of weggooi nie. Hy wil nog steeds die liefdesverbond wat Hy al met julle voorvaders gesluit het, in ere hou.”
DEUTERONOMIUM 4:29-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daar sal julle weer na die HERE julle God begin soek. As julle met hart en siel na Hom soek, sal julle Hom vind. “Wanneer hierdie swaar dinge in die toekoms oor julle kom, sal julle uiteindelik weer na die HERE julle God toe terugkom en na Hom luister. Want die HERE julle God is genadig. Hy sal julle nie prysgee of verdelg nie. Hy sal ook nie die verbond vergeet wat Hy onder eed met julle voorouers gesluit het nie.”