DEUTERONOMIUM 24:19
DEUTERONOMIUM 24:19 Die Boodskap (DB)
“Sê nou jy is besig om die oes op jou lande in te bring. Jy kom agter dat jy van die graan op die land vergeet het. Moenie teruggaan om dit te gaan haal nie. Nee, los die graan wat agterbly vir die vreemdelinge en die weeskinders en die weduwees. Hulle het niks anders om van te leef nie. As jy dit doen, sal die Here vir jou voorspoed gee in alles wat jy doen. Hy hou van vrygewige mense.
DEUTERONOMIUM 24:19 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer jy jou koring afsny in jou koringland, en jy los 'n koring-aar in die land, dan mag jy nie teruggaan om die koring-aar te gaan haal nie. Jy moet dit daar los vir die vreemdeling en die weeskind en die weduwee. Dan sal jou God die Here dit goed laat gaan met alles wat jy doen.
DEUTERONOMIUM 24:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As jy jou oes op jou land insamel en 'n gerf op die land vergeet, mag jy nie omdraai om dit te gaan haal nie; vir die vreemdeling, die wees en die weduwee moet dit wees, dat die HERE jou God jou kan seën in al die werk van jou hande.
DEUTERONOMIUM 24:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Wanneer jy jou lande afoes en jy vergeet 'n gerf op die land, moet jy nie omdraai om dit te gaan haal nie. Dit moet bly vir 'n vreemdeling of 'n weeskind of 'n weduwee. Dan sal die Here jou God jou seën in alles wat jy aanpak.
DEUTERONOMIUM 24:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Wanneer jy jou oes op die land insamel en jy vergeet 'n gerf op die land, mag jy nie teruggaan om dit te kry nie. Dit moet vir die vreemdelinge, vaderloses en weduwees agterbly, sodat die HERE jou God al jou handewerk kan seën.