DEUTERONOMIUM 23:25
DEUTERONOMIUM 23:25 Bybel vir almal (ABA)
As iemand nog nie sy koring afgesny het nie, en jy kom in sy koringland, dan mag jy koring-are pluk met jou hand maar jy mag nie die koring afsny met 'n sekel nie.”
DEUTERONOMIUM 23:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As jy in die ongesnyde graan van jou naaste kom, mag jy met jou hand are afpluk; maar 'n sekel mag jy nie swaai in die ongesnyde graan van jou naaste nie.
DEUTERONOMIUM 23:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wanneer jy in jou buurman se koringland ingaan, mag jy are pluk met jou hand, maar jy mag nie 'n sekel in sy koringland gebruik nie.”
DEUTERONOMIUM 23:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“As jy in die staande graan van jou naaste kom, mag jy halfryp are met die hand pluk; maar 'n sekel mag jy nie in die staande graan van jou naaste swaai nie.”
DEUTERONOMIUM 23:25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As jy in die staande graan van jou naaste kom, moet jy die are met jou hand pluk; maar jy mag geen sekel na jou naaste se staande graan swaai nie.