DEUTERONOMIUM 23:20
DEUTERONOMIUM 23:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die uitlander mag jy rente oplê, maar jou broer mag jy geen rente oplê nie, sodat die HERE jou God jou kan seën in alles waar jy jou hand aan slaan in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.
DEUTERONOMIUM 23:20 Bybel vir almal (ABA)
Jy mag sê mense wat nie Israeliete is nie, moet rente betaal, maar julle mag nie vir Israeliete sê hulle moet rente betaal nie. As julle gehoorsaam is aan julle God die Here, dan sal Hy julle seën in die land waarnatoe julle gaan om dit vir julleself te vat.”
DEUTERONOMIUM 23:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jy mag aan 'n nie-Israeliet iets teen rente uitleen, maar aan jou volksgenoot mag jy niks teen rente uitleen nie. Dan sal die Here jou God jou voorspoedig maak in alles wat jy aanpak in die land waarheen jy op pad is om dit in besit te neem.
DEUTERONOMIUM 23:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Van vreemdes mag jy rente eis, maar van jou volksgenote mag jy dit nie eis nie, sodat die HERE jou God jou kan seën in alles waaraan jy jou hand waag in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.
DEUTERONOMIUM 23:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Aan 'n vreemdeling mag jy op woeker leen; maar aan jou broer mag jy nie op rente leen nie, sodat die HERE jou God jou kan seën in alles waaraan jy jou hand slaan in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.