DEUTERONOMIUM 23:2
DEUTERONOMIUM 23:2 Bybel vir almal (ABA)
Partymaal het 'n man en 'n vrou seks, maar hulle mag dit nie doen nie. As hulle 'n kind kry, dan mag daardie kind nie in die volksvergadering van die Here kom nie. Hulle nageslag mag ook nie in die volksvergadering van die Here kom nie, tot in die tiende geslag.
DEUTERONOMIUM 23:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Geen baster mag in die vergadering van die HERE kom nie; selfs sy tiende geslag mag in die vergadering van die HERE nie kom nie.
DEUTERONOMIUM 23:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Niemand wat gebore is uit ontoelaatbare geslagsgemeenskap mag lid van die gemeente word nie, selfs nie so 'n persoon se tiende nageslag nie.
DEUTERONOMIUM 23:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“'n Israeliet gebore uit 'n verbode verbintenis mag nie in die geloofsgemeenskap van die HERE kom nie, selfs die tiende geslag ná hom mag nie in die geloofsgemeenskap van die HERE kom nie.
DEUTERONOMIUM 23:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Geen baster mag in die vergadering van die HERE ingaan nie; tot in sy tiende geslag mag hy nie in die vergadering van die HERE kom nie.