DEUTERONOMIUM 14:21
DEUTERONOMIUM 14:21 Bybel vir almal (ABA)
“Julle mag nie die vleis eet van enige dier wat self gevrek het nie, julle mag dit vir die vreemdelinge gee wat by julle woon sodat hulle dit kan eet. Of julle mag daardie vleis verkoop aan mense wat nie Israeliete is nie. Hoekom? Want julle is die gewyde volk van julle God die Here. “Julle mag nie 'n bok-lam kook in sy ma se melk nie.”
DEUTERONOMIUM 14:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Julle mag geen aas eet nie; vir die vreemdeling wat in jou poorte is, kan jy dit gee, dat hy dit eet, of jy kan dit aan 'n uitlander verkoop; want jy is 'n heilige volk aan die HERE jou God. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.
DEUTERONOMIUM 14:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Julle mag nie 'n dier wat gevrek het, eet nie. Gee dit vir die vreemdeling wat by julle bly, en hy kan dit eet, of verkoop dit aan 'n uitlander. Julle is 'n gewyde volk, julle behoort aan die Here julle God. “Julle mag nie 'n boklam in sy ma se melk kook nie.”
DEUTERONOMIUM 14:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Julle mag geen karkas eet nie. Vir •vreemdelinge in jou dorpe kan jy dit gee, hulle mag dit eet; of jy kan dit verkoop aan buitelanders. Jy is immers 'n heilige volk vir die HERE jou God. “Jy mag nie 'n bokkie kook in sy ma se melk nie.”
DEUTERONOMIUM 14:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Julle mag niks eet wat vanself sterf nie; jy moet dit gee aan die vreemdeling wat in jou poorte is, dat hy dit kan eet; of jy kan dit aan 'n vreemdeling verkoop, want jy is 'n heilig volk aan die HERE jou God. Jy mag nie 'n bokkie in sy moeder se melk sien nie.
DEUTERONOMIUM 14:21 Die Boodskap (DB)
“Julle mag nie ’n dier wat vanself dood is, eet nie. Julle mag dit wel vir mense van ander volke wat by julle bly, gee om te eet of dit selfs aan buitelanders verkoop. Julle mag dit self nie eet nie, want julle is die Here se eiendom.”
DEUTERONOMIUM 14:21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Julle mag nie iets eet wat ’n natuurlike dood gesterf het nie. Julle mag dit vir ’n vreemdeling gee wat by julle woon. Julle mag dit ook aan ’n vreemdeling verkoop. Maar julle mag dit nie self eet nie, want julle is ’n volk wat afgesonder is vir die HERE julle God. Julle mag nie ’n bokkie in sy ma se melk kook nie.”