DEUTERONOMIUM 13:3
DEUTERONOMIUM 13:3 Bybel vir almal (ABA)
Dan moet julle nie luister na daardie profeet of daardie persoon wat sê hy weet wat drome beteken nie, want dan is dit julle God die Here wat vir julle toets. Julle God die Here wil weet of julle lief is vir Hom met julle hele hart.
DEUTERONOMIUM 13:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
dan moet jy nie luister na die woorde van dié profeet of na dié man wat as dromer optree nie; want die HERE julle God beproef julle om te weet of julle werklik die HERE julle God liefhet met julle hele hart en met julle hele siel.
DEUTERONOMIUM 13:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
moet jy nie na hom luister nie. Die Here jou God stel jou net op die proef om vas te stel of jy Hom liefhet met hart en siel.
DEUTERONOMIUM 13:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
dan mag jy nie na die woorde van daardie profeet of die een wat die droom gedroom het, luister nie; want die HERE julle God toets julle om te sien of julle met julle hele hart en julle hele wese die HERE julle God liefhet.
DEUTERONOMIUM 13:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jy mag nie luister na die woorde van daardie profeet of daardie dromer van drome nie, want die HERE jou God beproef jou om te weet of jy die HERE jou God liefhet met jou hele hart en met jou hele siel.