DEUTERONOMIUM 13:17
DEUTERONOMIUM 13:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Niks van wat as banoffer bestem is, mag deur jou gevat word nie, sodat die toorn van die Here nie verder ontvlam nie en Hy jou genadig kan wees. Dan sal jy weer baie word soos die Here met 'n eed aan jou voorvaders beloof het
DEUTERONOMIUM 13:17 Bybel vir almal (ABA)
Julle moenie vir julleself iets neem van die goed wat julle moet verwoes nie. As julle doen wat die Here sê, dan sal Hy ophou om kwaad te wees en Hy sal weer jammer wees vir julle, Hy sal julle baie laat word, soos Hy belowe het vir julle voorvaders.
DEUTERONOMIUM 13:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ook mag daar niks van wat bangoed is, aan jou hand bly kleef nie, sodat die HERE Hom van die gloed van sy toorn kan afwend en aan jou barmhartigheid kan bewys en Hom oor jou ontferm en jou vermenigvuldig, soos Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het
DEUTERONOMIUM 13:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar mag niks van die bangoed in jou hande agterbly nie, sodat die HERE se brandende toorn kan bedaar en Hy aan jou barmhartigheid kan bewys. Hy sal Hom oor jou ontferm en jou laat vermeerder, soos Hy aan jou voorvaders met 'n eed beloof het
DEUTERONOMIUM 13:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En van die vervloekte sal niks aan jou hand kleef nie, sodat die HERE hom kan bekeer van die gloed van sy toorn en jou barmhartig kan wees en jou oor jou ontferm en jou vermeerder soos Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het
DEUTERONOMIUM 13:17 Die Boodskap (DB)
Moet niks van die dorp of die skuldiges vir jou vat nie. Dan sal die Here nie meer so kwaad wees nie en sal Hy jou opnuut liefhê. Soos Hy jou lank terug al belowe het, sal Hy jou nog ’n groot volk maak.