DEUTERONOMIUM 13:13
DEUTERONOMIUM 13:13 Bybel vir almal (ABA)
Julle sal miskien hoor dat slegte mense daar by julle die mense in hulle stad wou verlei en vir hulle gesê het: ‘Kom ons gaan dien ander gode,’ gode wat julle nie geken het nie.
DEUTERONOMIUM 13:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Deugniete het by jou opgetree en die inwoners van hulle stad verlei deur te sê: Laat ons gaan en ander gode dien — wat julle nie geken het nie
DEUTERONOMIUM 13:12-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Wanneer jy hoor dat kwaadstokers gekom het in een van die stede wat die Here jou God vir jou sal gee om in te woon, en hulle sy inwoners verlei het deur hulle aan te spoor om vreemde gode te dien waarvan julle nie geweet het nie
DEUTERONOMIUM 13:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
‘Booswigte by jou het na vore getree en die inwoners van hulle dorp weggelok met die woorde: “Kom ons gaan dien ander gode” ’ – dit is nou gode wat julle nie geken het nie
DEUTERONOMIUM 13:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sekere manne, die kinders van Belial, het onder julle uitgegaan en die inwoners van hulle stad teruggetrek en gesê: Laat ons gaan en ander gode dien wat julle nie geken het nie