DEUTERONOMIUM 1:21
DEUTERONOMIUM 1:21 Bybel vir almal (ABA)
Julle God die Here gee hierdie land vir julle, gaan vat dit vir julle. Die Here, die God van julle voorvaders, het gesê julle moet dit doen. Julle moenie bang wees nie.’
DEUTERONOMIUM 1:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kyk, die HERE jou God het die land aan jou oorgegee; trek op, neem dit in besit soos die HERE, die God van jou vaders, jou gesê het; wees nie bevrees en wees nie verskrik nie.
DEUTERONOMIUM 1:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Kyk, die Here julle God stel die land tot julle beskikking. Trek in, neem dit in besit soos die Here die God van julle voorvaders julle beloof het. Moenie bang wees nie, moenie huiwer nie.’
DEUTERONOMIUM 1:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kyk, die HERE julle God bied die land vir julle aan. Trek op, neem dit in besit soos die HERE, die God van julle voorouers, vir julle gesê het. Moenie bang wees nie en moet julle nie laat afskrik nie.’
DEUTERONOMIUM 1:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk, die HERE jou God het die land voor jou gestel; trek op en neem dit in besit, soos die HERE, die God van jou vaders, aan jou gesê het; moenie bang wees nie, en wees nie moedeloos nie.