DANIËL 7:28
DANIËL 7:28 Bybel vir almal (ABA)
“Dit is wat ek, Daniël, gedroom en gesien het. Ek het groot geskrik en my gesig het bleek geword. Maar ek het vir niemand iets gesê nie.”
DANIËL 7:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hier is die einde van die saak. Wat my, Daniël, betref, my gedagtes het my baie verskrik en my gelaatskleur het verander aan my, maar die saak het ek in my hart bewaar.
DANIËL 7:28 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Hier eindig my vertelling. Ek, Daniël, het baie geskrik toe ek hieroor dink, en dit het my baie ontstel. Maar ek het alles vir myself gehou.”
DANIËL 7:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Hier eindig die weergawe. “Ek, Daniël – my gedagtes het my baie verskrik, en my gelaatskleur het verander, maar ek het die weergawe in my hart bewaar. ”
DANIËL 7:28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Tot nou toe is die einde van die saak. Wat my Daniël betref, my gedagtes het my baie gekwel, en my aangesig het in my verander; maar ek het die saak in my hart bewaar.