DANIËL 10:14 - Compare All Versions
DANIËL 10:14 ABA (Bybel vir almal)
Ek het gekom om vir jou te sê wat met jou volk sal gebeur en om dit vir jou te wys.”
DANIËL 10:14 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Ek het dan gekom om jou inligting te gee oor wat jou volk aan die einde van die dae te beurt sal val, want die gesig sien nog op die verre toekoms.
DANIËL 10:14 AFR83 (Afrikaans 1983)
Ek het gekom om jou in te lig oor wat in die toekoms met jou volk gaan gebeur, want ook hierdie visioen sien op die tye wat kom.”
DANIËL 10:14 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het toe gekom om jou insig te laat kry oor wat met jou volk sal gebeur aan die einde van die dae, want die visioen geld weer vir die toekoms.’
DANIËL 10:14 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Nou het Ek gekom om jou te laat verstaan wat jou volk aan die einde van die dae sal gebeur, want nogtans is die gesig vir baie dae.
DANIËL 10:14 DB (Die Boodskap)
Ek het gekom om vir jou te kom verduidelik wat in die toekoms met jou volk gaan gebeur, want ook hierdie is ’n visioen oor die toekoms.”
DANIËL 10:14 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Ek het gekom om vir jou te verduidelik wat in die laaste dae met jou volk sal gebeur. Die visioen het met daardie laaste dae te doen.”