KOLOSSENSE 3:10
KOLOSSENSE 3:10 Bybel vir almal (ABA)
Julle is nou nuwe mense. God het julle gemaak en Hy maak julle nuut sodat julle Hom kan ken en kan wees soos Hy is.
KOLOSSENSE 3:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper
KOLOSSENSE 3:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God.
KOLOSSENSE 3:10 Die Boodskap (DB)
God het egter vir julle ook ’n nuwe stel klere gegee. Hierdie klere maak julle heeltemal nuut. Dit bring julle al hoe nader aan God. Julle leer Hom al hoe beter ken. Hoe beter julle Hom leer ken, hoe meer word julle soos Hy. So kom julle al hoe nader aan die doel waarvoor God julle gemaak het. God het ons gemaak om almal soos Christus te wees. Hy wil nie hê mense moet met mekaar vassit omdat hulle nie dieselfde lyk of nie dieselfde taal praat nie.