KOLOSSENSE 2:20
KOLOSSENSE 2:20 Bybel vir almal (ABA)
Christus het gesterf. Julle het saam met Hom gesterf, en toe het julle sondige lewe opgehou. Hoekom doen julle dan nog wat die geeste wil hê, die geeste wat dink dat hulle sterk is en oor die wêreld kan regeer? Die mense van die wêreld moet reëls hê, maar julle het nie daardie reëls nodig nie.
KOLOSSENSE 2:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge
KOLOSSENSE 2:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle het saam met Christus gesterwe en is dus dood vir die wettiese godsdienstige reëls van hierdie wêreld. Waarom lewe julle dan nog asof julle aan hierdie wêreld behoort? Waarom gehoorsaam julle allerhande voorskrifte
KOLOSSENSE 2:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As julle saam met •Christus die kosmiese elemente afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog as deel van die wêreld leef, steeds gebonde aan voorskrifte soos
KOLOSSENSE 2:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As julle dan saam met Christus gesterf het uit die beginsels van die wêreld, waarom is julle, asof julle in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge
KOLOSSENSE 2:20 Die Boodskap (DB)
Ek wil julle ’n vraag vra. Julle sê dat toe julle Christene geword het, al hierdie vals en leë godsdienstige reëls hulle betekenis vir julle verloor het. Soos dit vir Christus niks beteken nie, so beteken dit ook vir julle niks meer nie. Waarom wil julle dan kort-kort maar weer kerk hou asof daardie godsdienstige gebruike die eintlike godsdiens is?