KOLOSSENSE 1:3-4
KOLOSSENSE 1:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Ons bid baie vir julle, en dan sê ons elke maal dankie vir God, die Vader van ons Here Jesus Christus, want ons het gehoor dat julle in Christus Jesus glo en dat julle lief is vir al die ander mense wat aan God behoort.
KOLOSSENSE 1:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
ONS dank die God en Vader van onse Here Jesus Christus altyd as ons vir julle bid, omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en julle liefde tot al die heiliges
KOLOSSENSE 1:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wanneer ons tot God, die Vader van ons Here Jesus Christus, bid, dank ons Hom altyd vir julle omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en van julle liefde vir al die gelowiges.
KOLOSSENSE 1:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Elke keer wanneer ons vir julle bid, dank ons God, die Vader van ons Here Jesus •Christus. Dit doen ons, want ons het gehoor van julle geloof in Christus Jesus, en die liefde wat julle vir al die •heiliges het
KOLOSSENSE 1:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ons dank God en die Vader van onse Here Jesus Christus, terwyl ons altyd vir julle bid, Aangesien ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en van die liefde wat julle tot al die heiliges het