AMOS 9:15
AMOS 9:15 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal hulle help, en hulle sal in hulle eie land woon. Niemand sal hulle wegvat uit die land wat Ek vir hulle gegee het nie.” Dit sê jou God die Here.
AMOS 9:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Ek sal hulle plant in hul land, en hulle sal nie meer uitgeruk word uit hul land wat Ek hulle gegee het nie, sê die HERE jou God.
AMOS 9:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal my volk weer in hulle grond plant, en hulle sal nie weer uitgeruk word uit die grond wat Ek hulle gegee het nie, sê die Here jou God.
AMOS 9:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek sal hulle plant in hulle grond en hulle sal nie weer verwyder word van die grond wat Ek aan hulle gegee het nie,” sê die HERE, jou God.
AMOS 9:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Ek sal hulle in hulle land plant, en hulle sal nie meer uitgeruk word uit hulle land wat Ek hulle gegee het nie, spreek die HERE jou God.