AMOS 9:14
AMOS 9:14 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal dit weer goed laat gaan met my volk, die Israeliete. Ek sal die stede wat die vyande afgebreek het, weer bou sodat die Israeliete daar kan woon. Hulle sal wingerde plant en die wyn drink. Hulle sal tuine maak en die vrugte eet.
AMOS 9:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Ek sal die lot van my volk Israel verander, en hulle sal die verwoeste stede bou en bewoon, ook sal hulle wingerde plant en die wyn daarvan drink, en tuine aanlê en die vrugte daarvan eet.
AMOS 9:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal die lot van my volk Israel verander: hulle sal die verlate stede herbou en bewoon, hulle sal wingerde plant en die wyn daarvan drink, hulle sal tuine aanlê en die vrugte daarvan eet.
AMOS 9:14 Die Boodskap (DB)
“Ek sal my volk Israel se omstandighede verander. Hulle sal terugkom uit die lande waarheen hulle weggevat is. Hulle sal teruggaan na die dorpe waar hulle gewoon het. Hulle sal woon in die stede wat hulle opgebou het. Hulle sal weer wingerde aanplant en druiwe vir wyn kan pluk. Hulle sal weer tuine hê wat vir hulle groente gee.