HANDELINGE 8:9
HANDELINGE 8:9 Bybel vir almal (ABA)
Daar het 'n man in die stad gewoon, sy naam was Simon. Hy kon toor en die mense van Samaria het gedink hy doen wonderlike dinge. Simon het self gesê dat hy baie belangrik is.
HANDELINGE 8:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En 'n sekere man met die naam van Simon het vantevore in die stad met towery omgegaan en die bevolking van Samaría verbyster deur te sê dat hy iets besonders was.
HANDELINGE 8:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
In dieselfde stad was daar 'n man met die naam Simon, wat die inwoners van Samaria met sy toorkunste verstom het. Hy het daarop aanspraak gemaak dat hy iets besonders is
HANDELINGE 8:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Voorheen was daar in die stad 'n man met die naam Simon, wat towery bedryf en die bevolking van Samaria verstom het, en beweer het dat hy iets besonders is.
HANDELINGE 8:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar daar was 'n sekere man met die naam van Simon, wat voorheen in dieselfde stad towery gebruik het en die mense van Samaria betower het deur te sê dat hy 'n groot man was.