HANDELINGE 8:32-33
HANDELINGE 8:32-33 Bybel vir almal (ABA)
Hy het hierdie deel van die Ou Testament gelees: Hy was soos 'n skaap wanneer iemand dit wil slag, soos 'n skaap-lam wanneer iemand sy wol afskeer. Hy het stilgebly, hy het nie sy mond oopgemaak nie. Hulle het slegte dinge gedoen aan hom, hulle het nie reg gedoen aan hom nie. Hy kan nie 'n nageslag hê nie, want sy lewe op die aarde is verby.
HANDELINGE 8:32-33 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die gedeelte van die Skrif wat hy besig was om te lees, was dít: Soos 'n skaap is Hy gelei om geslag te word, en soos 'n lam wat stom is voor die een wat hom skeer, so maak Hy sy mond nie oop nie. In sy vernedering is sy oordeel weggeneem, en wie sal sy geslag beskrywe? Want sy lewe word van die aarde weggeneem.
HANDELINGE 8:32-33 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Skrifgedeelte wat hy gelees het, was dit: “Soos 'n skaap is Hy gelei om geslag te word; en soos 'n lam wat stil is as hy geskeer word, het Hy nie sy mond oopgemaak nie. In sy vernedering het daar nie reg aan Hom geskied nie. Wie sal van sy nageslag kan vertel? Sy lewe op aarde word beëindig.”
HANDELINGE 8:32-33 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die Skrifgedeelte wat hy besig was om te lees, was: “Soos 'n skaap is Hy ter slagting gelei, en soos 'n lam wat stom is voor sy skeerder, so maak Hy sy mond nie oop nie. In sy vernedering is regspraak Hom ontneem, en wie sal sy nageslag kan opnoem? Want sy lewe word van die aarde weggeneem.”
HANDELINGE 8:32-33 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die plek van die Skrif wat hy gelees het, was dit: Hy is soos 'n skaap na die slagplek gelei; en soos 'n lam wat stom is voor sy skeerder, so het hy sy mond nie oopgemaak nie. In sy vernedering is sy oordeel weggeneem; en wie sal sy geslag aankondig? want sy lewe is van die aarde weggeneem.
HANDELINGE 8:32-33 Die Boodskap (DB)
Filippus sien toe dat hy besig was om die volgende verse uit Jesaja te lees: “Hy is soos ’n skaap na die slagpale toe gevat om geslag te word. Hy is soos ’n lam wat nie ’n geluid maak wanneer hy geskeer word nie; hy het nooit eens sy mond oopgemaak nie. Die mense het hom verneder. Hy is glad nie regverdig verhoor nie. Hulle het hom doodgemaak. Wie sal nou as sy nageslag beskou word?”
HANDELINGE 8:32-33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die Skrifdeel waarmee hy besig was, lui: “Hy is gelei soos ’n skaap na die slagplek, en soos ’n lam stil is by sy skeerder, só het Hy sy mond nie oopgemaak nie. Hy is verneder, en alle reg is Hom ontsê. Wie kan van sy nageslag vertel? Want sy lewe word van die aarde af weggevat.”