HANDELINGE 8:20-23
HANDELINGE 8:20-23 Bybel vir almal (ABA)
Maar Petrus het vir hom gesê: “Gaan na die hel, jy én jou geld, omdat jy gedink het dat jy hierdie present van God met geld kan koop. God kan jou nie gebruik in sy werk nie, want jou hart is nie reg voor God nie. Jy moet hierdie slegte dinge wat jy dink, los en jy moet vir die Here vra of Hy jou sal vergewe omdat jy so verkeerd dink. Want ek sien dat jy baie jaloers is en dat slegte gedagtes jou vashou.”
HANDELINGE 8:20-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar Petrus sê vir hom: Mag jou geld saam met jou vergaan, omdat jy gedink het om die gawe van God deur geld te verkry. Jy het geen deel of lot in hierdie saak nie, want jou hart is nie reg voor God nie. Bekeer jou dan van hierdie boosheid van jou, en bid God of die gedagte van jou hart jou miskien vergewe mag word. Want ek sien dat jy in 'n gal van bitterheid en bande van ongeregtigheid is.
HANDELINGE 8:20-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Petrus antwoord hom: “Gaan na die verderf met jou geld en al! Dink jy jy kan die gawe van God met geld koop? In hierdie werk is daar vir jou geen plek nie, want jou gesindheid teenoor God is nie reg nie. Bekeer jou van hierdie dwaling en bid tot die Here: miskien sal Hy jou hierdie gesindheid van jou hart vergewe. Ek sien jy is deur afguns vergiftig en deur die sonde verstrik.”
HANDELINGE 8:20-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar Petrus het vir hom gesê: “Mag jou geld saam met jou in die verderf beland, omdat jy gedink het om die gawe van God deur geld te verkry! Jy het geen aandeel of aanspraak in hierdie saak nie, want jou hart is nie opreg voor God nie. Bekeer jou van hierdie boosheid van jou, en bid die Here dat die bedoeling van jou hart vergewe mag word, want ek sien jy is galbitter en in ongeregtigheid verstrik. ”
HANDELINGE 8:20-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar Petrus sê vir hom: Jou geld vergaan saam met jou, omdat jy gedink het dat die gawe van God met geld gekoop kan word. Jy het geen deel of lot in hierdie saak nie, want jou hart is nie reg in die oë van God nie. Bekeer julle dan van hierdie boosheid van jou, en bid God of die gedagte van jou hart jou miskien vergewe mag word. Want ek bemerk dat jy in die gal van bitterheid en in die band van ongeregtigheid is.
HANDELINGE 8:20-23 Die Boodskap (DB)
Petrus het hom skerp geantwoord: “Gaan na die verderf toe met jou geld en al! Dink jy regtig dat jy God se hemelse Geskenk met geld kan koop? Die Heilige Gees is nie te koop nie. Wat soek jy hier? Jy hoort nie hier tussen ons nie. Jou binnekant is een groot stuk sonde. God weet dit baie goed. Daarom moet jy jou lewe radikaal verander. Laat staan dadelik al jou goddelose dade. Vra God om jou te vergewe omdat jy gedink het jy kan geld maak uit die werk van die Heilige Gees. Ek kom agter dat dit ’n ou streek van jou is. Jy probeer heeltyd om ander mense te misbruik. Jou lewe is pikdonker. Ja, dit is galbitter van al die sonde.”
HANDELINGE 8:20-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Petrus het hom egter geantwoord: “Mag jou geld saam met jou vernietig word omdat jy dink dat dié gawe van God gekóóp kan word! Hier is nie plek vir jou nie, want voor God is jou hart nie reg nie. “Bekeer jou van hierdie boosheid van jou en bid tot die Here. Miskien sal Hy jou bose planne vergewe. Ek kan sien jy is vol bitterheid en deur sonde geboei.”