HANDELINGE 8:12 - Compare All Versions
HANDELINGE 8:12 ABA (Bybel vir almal)
Maar toe het Filippus gekom en hy het die goeie boodskap gebring dat God Koning is, die boodskap oor die Naam van Jesus Christus. Toe het die mense vir Filippus begin glo, en hulle is gedoop, die mans én die vroue.
HANDELINGE 8:12 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue.
HANDELINGE 8:12 AFR83 (Afrikaans 1983)
Maar toe Filippus die evangelie van die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus aan hulle verkondig het, het hulle gelowig geword, en mans sowel as vrouens is gedoop.
HANDELINGE 8:12 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar toe hulle Filippus se verkondiging van die evangelie van die •koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus glo, is mans sowel as vroue gedoop.
HANDELINGE 8:12 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar toe hulle Filippus geglo het wat die dinge verkondig aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus, is hulle gedoop, mans sowel as vroue.
HANDELINGE 8:12 DB (Die Boodskap)
Filippus het alles kom verander. Toe hy met die mense begin praat oor God se nuwe wêreld wat met Jesus se koms aangebreek het, het baie mense tot bekering gekom. Filippus moes omtrent bontstaan om almal te doop wat in Jesus begin glo het.
HANDELINGE 8:12 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Nou het die mense egter Filippus se Goeie Nuus oor die koningsheerskappy van God en die Naam van Jesus Christus in die geloof aanvaar. Gevolglik is baie mans en vroue gedoop.