HANDELINGE 4:30 - Compare All Versions
HANDELINGE 4:30 AFR83 (Afrikaans 1983)
Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.”
HANDELINGE 4:30 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
deurdat U u hand uitstrek tot genesing, en tekens en wonders deur die Naam van u heilige Kind Jesus plaasvind.
HANDELINGE 4:30 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Steek u hand uit en bewerk genesing, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.”
HANDELINGE 4:30 DB (Die Boodskap)
Raak ander mense ook aan sodat daar nog baie groot wonderwerke en genesings sal plaasvind oral waar ons oor U praat. Doen dit asseblief deur u Dienaar, Jesus.”
HANDELINGE 4:30 ABA (Bybel vir almal)
U moet ook aanhou om mense gesond te maak, en U moet tekens en wonderwerke laat gebeur wanneer die apostels die Naam noem van u heilige Dienaar Jesus.”
HANDELINGE 4:30 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
deur u hand uit te strek tot genesing, en deurdat tekens en wonders deur die Naam van u heilige Dienskneg Jesus plaasvind.”
HANDELINGE 4:30 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Deur u hand uit te steek om te genees; en dat tekens en wonders gedoen mag word deur die Naam van u heilige Kind Jesus.