HANDELINGE 4:29
HANDELINGE 4:29 Bybel vir almal (ABA)
Here, hulle hou aan om te sê dat hulle ons sal straf. U moet nou vir ons, u dienaars, help sodat ons nie bang sal wees om u boodskap te bring nie.
HANDELINGE 4:29 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek
HANDELINGE 4:29 Afrikaans 1983 (AFR83)
“En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig.
HANDELINGE 4:29 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En nou, Here, slaan ag op hulle dreigemente, en gee dat u diensknegte u boodskap met alle vrymoedigheid verkondig
HANDELINGE 4:29 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En nou, Here, kyk na hulle dreigemente; en gee aan u dienaars, dat hulle met alle vrymoedigheid u woord kan spreek
HANDELINGE 4:29 Die Boodskap (DB)
“Nou is hierdie spul mense al weer besig met hulle bose planne. Sien asseblief tog raak hoe hulle ons probeer bangpraat. Ons is u diensknegte. Help ons sodat ons nie vir hulle bang sal wees nie. Help ons om steeds te bly praat oor u wonderlike plan om sondaars te red.