HANDELINGE 4:19-20
HANDELINGE 4:19-20 Bybel vir almal (ABA)
Maar Petrus en Johannes het vir hulle gevra: “Moet ons luister na God of moet ons luister na julle? Waarvan sal God hou? Julle kan self besluit. Want ons kan nie stilbly oor wat ons gesien en gehoor het nie.”
HANDELINGE 4:19-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe antwoord Petrus en Johannes en sê vir hulle: Of dit reg is voor God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self beslis; want vir ons is dit onmoontlik om nie te spreek oor wat ons gesien en gehoor het nie.
HANDELINGE 4:19-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Petrus en Johannes het vir hulle gesê: “Julle moet maar self besluit wat voor God reg is: om aan júlle gehoorsaam te wees of aan God. Wat ons betref, dit is onmoontlik om nie te praat oor wat ons gesien en gehoor het nie.”
HANDELINGE 4:19-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Petrus en Johannes het hulle egter geantwoord en gesê: “Of dit reg is voor God om eerder na julle te luister as na God, moet julle self oordeel; want ons kan nie swyg oor wat ons gesien en gehoor het nie.”
HANDELINGE 4:19-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar Petrus en Johannes het geantwoord en vir hulle gesê: Of dit reg is in die oë van God om meer na julle te luister as na God, beoordeel julle. Want ons kan nie anders as om die dinge te spreek wat ons gesien en gehoor het nie.