Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 3:7 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 3:7 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hy vat toe die man se regterhand en help hom op, en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword.

HANDELINGE 3:7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Toe gryp hy hom aan sy regterhand en rig hom op, en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword.

HANDELINGE 3:7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Petrus vat die man toe aan sy regterhand en help hom op. En onmiddellik het sy voete en enkels gesond en sterk geword.

HANDELINGE 3:7 DB (Die Boodskap)

Petrus vat toe die man se regterhand en trek hom op. Onmiddellik het sy voete en enkels nuwe lewe gekry sodat hy kon opstaan en loop.

HANDELINGE 3:7 ABA (Bybel vir almal)

Toe neem Petrus die man se regter-hand en hy help hom om op te staan. Die man se voete en enkels het dadelik sterk geword

HANDELINGE 3:7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hy het hom aan sy regterhand gegryp en opgehelp. Onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword.

HANDELINGE 3:7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En hy het hom aan die regterhand gegryp en hom opgetel, en dadelik het sy voete en enkelbene krag gekry.