Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

HANDELINGE 3:3 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

HANDELINGE 3:3 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe hy vir Petrus en Johannes sien, net voor hulle in die tempel ingaan, het hy van hulle iets gevra.

HANDELINGE 3:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Toe hy sien dat Petrus en Johannes die tempel wou binnegaan, het hy om 'n aalmoes gevra.

HANDELINGE 3:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Petrus en Johannes wou net in die tempel ingaan, toe hy hulle sien en ’n bydrae by hulle vra.

HANDELINGE 3:3 DB (Die Boodskap)

Toe Petrus en Johannes by hom verbystap, vra hy hulle of hulle nie ’n geldjie vir hom het nie.

HANDELINGE 3:3 ABA (Bybel vir almal)

Die man het vir Petrus en Johannes gesien toe hulle by die tempel wou ingaan, en hy het vir hulle geld gevra.

HANDELINGE 3:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe hy sien dat Petrus en Johannes op die punt was om die tempelterrein binne te gaan, het hy gevra om 'n aalmoes te ontvang.

HANDELINGE 3:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Wie Petrus en Johannes gesien het wat op pad was om in die tempel in te gaan, het 'n aalmoese gevra.