Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

HANDELINGE 3:26 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

HANDELINGE 3:26 AFR83 (Afrikaans 1983)

Daarom het God sy Dienaar na die wêreld toe laat kom en Hom heel eerste na julle toe gestuur om vir julle tot 'n seën te wees deur elkeen van julle van sy verkeerde paaie af terug te bring.”

HANDELINGE 3:26 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

God het, nadat Hy sy Kind Jesus opgewek het, Hom eers vir julle gestuur om julle te seën deur elkeen van sy booshede te bekeer.

HANDELINGE 3:26 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe God sy Dienaar in die wêreld laat kom het, het Hy Hom heel eerste na julle, Israeliete, toe gestuur om vir julle tot ’n seën te wees deurdat julle almal van julle verkeerde paaie af omdraai.”

HANDELINGE 3:26 DB (Die Boodskap)

“Julle staan vandag heel voor in die ry. Nadat God Jesus weer lewendig gemaak het, het Hy Hom heel eerste na julle toe gestuur om te wys hoeveel Hy vir julle omgee. Daarom moet julle julle sondes laat staan.”

HANDELINGE 3:26 ABA (Bybel vir almal)

Daarom het God sy Dienaar Jesus gestuur. God het Hom eerste na julle toe laat kom. Die Dienaar wil julle seën, Hy wil elkeen van julle laat ophou om verkeerde dinge te doen.”

HANDELINGE 3:26 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

God het, nadat Hy sy Dienskneg Jesus laat opstaan het, Hom heel eerste na julle gestuur om julle te seën, deurdat Hy elkeen van julle sal laat wegdraai van julle booshede.”

HANDELINGE 3:26 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

God het eers vir julle, nadat Hy sy Seun Jesus opgewek het, gestuur om julle te seën deur elkeen van sy ongeregtighede af te keer.