HANDELINGE 3:2
HANDELINGE 3:2 Bybel vir almal (ABA)
Daar was mense wat besig was om 'n lam man nader te dra. Hy was lam vandat hy gebore is. Sy mense het hom elke dag by een van die poorte van die tempel neergesit. Die poort se naam was Mooi-poort. Die man het elke dag geld gevra vir die mense wat by die tempel ingaan.
HANDELINGE 3:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En daar is 'n sekere man aangedra wat van sy geboorte af kreupel was; hulle het hom elke dag neergesit by die tempelpoort wat die Skone genoem word, om 'n aalmoes te vra van die wat in die tempel ingaan.
HANDELINGE 3:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Net toe word daar 'n man aangedra wat van sy geboorte af lam was. Sy mense het hom elke dag by die tempelpoort wat Mooipoort genoem is, neergesit om by die tempelgangers te bedel.