HANDELINGE 2:17-18
HANDELINGE 2:17-18 Bybel vir almal (ABA)
“ God het gesê: “Dit sal só wees in die laaste dae: Ek sal my Gees gee vir al die mense: Julle seuns en julle dogters sal God se boodskap bring. Julle jongmanne sal dinge sien wat die Here vir hulle wys, en julle ou manne sal drome droom. Ja, in die laaste dae sal Ek my Gees gee vir elke man en vrou wat vir My werk, en hulle sal God se boodskap bring.
HANDELINGE 2:17-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom. En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer.
HANDELINGE 2:17-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Só sal dit in die laaste dae wees, sê God: Ek sal my Gees uitstort op alle mense: julle seuns en julle dogters sal as profete optree; julle jongmense sal gesigte sien; julle oumense sal drome droom. Ja, op my dienaars en my dienaresse sal Ek in daardie dae my Gees uitstort, en hulle sal as profete optree.
HANDELINGE 2:17-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘En dit sal in die laaste dae gebeur,’ sê God: ‘Ek sal my Gees op alle mense uitstort – julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongmense sal visioene sien, en julle ou mense sal drome droom. Ja, ook oor my slawe en slavinne sal Ek in daardie dae my Gees uitstort, en hulle sal profeteer.
HANDELINGE 2:17-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit sal gebeur in die laaste dae, spreek God, Ek sal van my Gees uitstort op alle vlees; en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongmanne sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom. En op my diensknegte en oor my diensmaagde sal Ek in daardie dae van my Gees uitstort; en hulle sal profeteer
HANDELINGE 2:17-18 Die Boodskap (DB)
‘Aan die einde van die tyd,’ sê God, ‘sal Ek my Gees gee aan almal wat in My glo. Dan sal Ek my wil aan julle seuns en julle dogters bekendmaak. Hulle sal profete wees wat my wil bekendmaak. ‘Met julle jongmense sal Ek in visioene praat. En met die ouer mense onder julle sal Ek in drome praat. Op almal wat My dien, mans en vroue, sal Ek aan die einde van die tyd my Gees uitstort.
HANDELINGE 2:17-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
‘Só sal dit in die laaste dae wees, sê God: Ek sal my Gees uitstort op elke mens. Julle seuns en dogters sal die woord van God verkondig; julle jongmense sal gesigte sien, en julle oumense sal drome droom. Ja, op die mans en vroue wat in my diens staan, sal Ek in daardie dae my Gees uitstort en hulle sal my woord verkondig.