HANDELINGE 2:14
HANDELINGE 2:14 Bybel vir almal (ABA)
Toe staan Petrus op saam met die ander elf apostels. Hy het hard en ernstig gepraat en vir die mense gesê: “Joodse vriende, ja, almal wat in Jerusalem woon, julle moet verstaan wat hier gebeur en julle moet goed luister na wat ek vir julle sê.
HANDELINGE 2:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
MAAR Petrus het opgestaan met die elf en sy stem verhef en hulle toegespreek: Joodse manne en almal wat in Jerusalem woon, dit moet julle weet, en luister na my woorde.
HANDELINGE 2:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe staan Petrus saam met die elf ander apostels op en onder leiding van die Heilige Gees spreek hy die mense toe: “Jode en julle almal wat in Jerusalem woon, ek moet vir julle verduidelik wat gebeur het. Luister na wat ek gaan sê
HANDELINGE 2:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarop staan •Petrus op, verhef sy stem en spreek hulle toe: “Jode, en julle almal wat in Jerusalem woon – dit moet julle weet, luister goed na my woorde
HANDELINGE 2:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar Petrus het saam met die elf opgestaan, sy stem verhef en vir hulle gesê: Manne van Judéa en almal wat in Jerusalem woon, wees dit aan julle bekend en luister na my woorde.